GEďNTEGREERDE PRODUKSIE VAN WYN (IPW):
DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF SE OMGEWINGSVOLHOUBARE PRODUKSIE WAARBORG
Geďntegreerde Produksie van Wyn (IPW) is ‘n vrywillige omgewingsvolhoubare produksieskema wat in 1998 deur die Suid-Afrikaanse wynbedryf ontwikkel is. Die 2000 oesjaar was die eerste wat ingevolge die skema gesertifiseer is.
Voldoening aan die skema waarborg kopers dat die druiwe met volle oorweging van moontlike omgewingsimpakte verbou is en dat die wyn op ‘n voedselveilige en omgewingsvolhoubare manier geproduseer is.
IPW bestaan uit ‘n stel riglyne vir die plaas wat goeie, volhoubare landboupraktyke aanbeveel, asook ‘n stel riglyne vir goeie produksie praktyke in die wynkelder en botteleringsfasiliteit. IPW sertifisering kan vir die plaas, wynkelder en botteleringsfasiliteit afsondelik of gesamentlik bekom word.
Voldoening aan die riglyne word jaarliks geëvalueer deur die voltooiing van ’n self-evaluasie vraelys en deur onafhanklike ouditering op ‘n steekproef basis.
Die Wyn- en Spiritusraad (WSR) sertifiseer voldoenning aan die riglyne soos gepromulgeer in 1998 ingevolge die Wet op Drankprodukte, 1989. Die WSR het ‘n toegewyde IPW kantoor wat verantwoordelik is vir die administrasie van die skema.
IPW voldoen aan internasionale wynindustrie riglyne vir omgewingsvolhoubare produksie soos gepubliseer deur die “International Federation of Wine and Spirits (FIVS)” as die “Global Wine Sector Environmental Sustainability Principles”, asook deur die “International Organisation of Vine and Wine (OIV)” as die “OIV Guidelines for sustainable vitiviniculture: Production, processing and packaging of products”.
Verder tegniese inligting rakende registrasie as lid van die skema, asook die riglyne, handleidings, sertifiserings- en ouditbeleid is beskikbaar op die IPW webwerf by www.ipw.co.za of alternatiewelik by die IPW kantoor by 021 889 6555.
Bestuurder: IPW
bestuurder@ipw.co.za